Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG 07 DESEMBER 2008

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word.

Oudio is ook beskikbaar via die web: www.sarl.org.za; klik op ARMI en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie, en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is (Naam en Roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB, asook op 51,400, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

In die nuus vandag:

EERSTE PIC-KURSUS GOED BYGEWOON

BEURSTOEKENNING VIR ‘N EERSTEJAARSTUDENT IN ELEKTRONIKA

RAMPBESTUUR EKURHELENI RIG ‘N OPROEP AAN AMATEURS VIR ‘N PADVEILIGHEIDVELDSTASIE

WAZS-TOEKENNING AAN MITCHEL MYNHARDT, ZU6M

KALAHARI AMATEURRADIORADIOBEVOLKING NEEM TOE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

EERSTE PIC-KURSUS GOED BYGEWOON

Die eerste mikriverwerker PIC-kursus wat verlede naweek by die NARS aangebied was, was goed deur ‘n entoesiastiese groep bygewoon. ‘n Aantal lesse is tydens hierdie eerste byeenkoms geleer, wat met toekomstige kursusse geïmplimenteer sal word. Dit het geblyk onprakties te wees dat elke kursusganger sy eie persoonlike rekenaar saambring aangesien feitlik elke rekenaar anders geformatteer is en dit het tot gevolg gehad dat baie tyd verlore gegaan het voordat met die werklike kursus begin kon word.

Veranderings is aangebring sodat die toegelate 4 uur meer effektief gebruik kan word. Hierdie veranderinge sal sekere van die probleme wat ondervind is, soos swak georganiseerde rekenaars en vingerprobleme oorkom, wat tyd erodeer wat aan nuttige werk spandeer kan word. In die toekoms sal dit nie vir kursusgangers nodig wees om hulle eie rekenaars saam te bring nie. Al die verwante klik na klik instruksies sal gedruk en aan elke deelnemer uitgereik word.

Die bordjie wat tydens die kursus gebruik gaan word sal nie tydens die kursus geherprogrammeer word nie, maar sal al die vasteware vir die kursus bevat. Herprogrammering sal deur elke deelnemer in sy eie tyd gedoen word.

Die kursusfooi is R200. Indien jou rekenaar egter nie oor ‘n seriepoort beskik nie, sal dit nodig wees om ‘n USB-programmeerder teen ‘n koste van R235 te bestel.

Aan die einde van die kursus ontvang kursusgangers ‘n Microchip-sertifikaat van bywoning sowel as ‘n keuse tussen gedrukte stroombane vir twee projekte. Besoek www.sarl.org.za, klik op activities, kies RTA en volg die koppeling vir ‘n beskrywing van die projekte.

Die volgende kursus word op 16 Desember in Port Elizabeth aangebied. Datums en besonderhede oor die kursusse in Kaapstad en Durban sal aangekondig word sodra die betrokke klubs reelings gefinaliseer het.

BEURSTOEKENNING VIR ‘N EERSTEJAARSTUDENT IN ELEKTRONIKA

Die Suid-Afrikaanse Amateurradio-ontwikkelingstrust nooi voornemende studente, wat gelisensieerde radioamateurs is, en wat van plan is om aan ‘n Universiteit of Universiteit van Tegnologie, volgende jaar vir die eerste keer in elektronika of kommunikasie te gaan studeer, om vir ‘n SAARDT-studiebeurs aansoek te doen. Die toekenning vir 2009 is R10 000. Volledige besonderhede en ‘n aansoekvorm is beskikbaar by www.amateurradio.org.za.

WAZS-TOEKENNING AAN MITCHEL MYNHARDT, ZU6M

Die SARL se toekennings bestuurder berig dat hy so pas 'n WAZS toekenning uitgereik het aan Mitchel Mynhardt, ZU6M. Mitchel is slegs 11 jaar oud.

Mitchel het beslis daarin geslaag om baie ouer lede uit te stof - is dit nie nou tyd dat u ook hierdie gesogte toekenning verwerf nie?

Baie geluk Mitchel! Mag hierdie toekenning deur nog baie ander in die toekoms gevolg word.

RAMPBESTUUR EKURHELENI RIG ‘N OPROEP AAN AMATEURS VIR ‘N PADVEILIGHEIDVELDSTASIE

Rampbestuur Ekurhuleni (Springs) versoek alle DMCV- of Hamnetlede wat gewillig is om 'n spesiale padveiligheidveldstasie tydens die naweke van 12-14 en 19-21 Desember te beman om Howard Ware, ZS6ZS, by 083-258-5045 te kontak en hom te verwittig van watter tye u bereid sal wees om die stasie te beman. Die stasie is beplan om op die N3-roete by die Petropoort tussen Johannesburg en Heidelberg opgerig te word. Daar moet 2 amateurs per ses ure skof aan diens te wees. Indien u nie 'n DMCV- of Hamnetlid is nie is u steeds welkom om u dienste aan te bied.

KALAHARI AMATEURRADIORADIOBEVOLKING NEEM TOE

As gevolg van ‘n suksesvolle ZU-kursus wat aan die Kathu Tegniese Kollege aangebied is, ia 6 nuwe radioamateurs tot hulle bevolking in die Kalahari toegevoeg.

Gelukwensing aan Dylan, ZU3DW, ‘n graad 7 leerder van die Kathu Primêre Skool, wat die prys vir die beste tegniese student, wat deur Sam’s Radio Accessories geborg is, deur 100% in die tegniese afdeling van die eksamen te behaal.

Baie dankie ook aan die lede van die SARL en die BARK wat hierdie kursus moontlik gemaak het.

‘n Groot welkom aan die volgende nuwe radioamateurs in die Noordkaap:
ZU3JB, Jurgens Becker;
ZU3AJ, Armandt Cloete;
ZU3DH, Marius Fourie;
ZU3BP, Theo Poolman;
ZU3K, Carel Reyneke;
ZU3DW, Dylan Walsh.

Veels geluk aan julle almal, julle het die voorreg om jonk te begin en voor julle is baie jare waarin julle amateurradio kan geniet.

NUWE KLUBKOMITEE

Volgende op die verlies van hul voorsitter, Wessel, ZS5BLY, op 2 Oktober het die Midlands Amateurradioklub ‘n Spesiale Algemene Vergadering byeengeroep waartydens hulle ‘n nuwe komitee verkies het, wat uit die volgende lede bestaan:

Robin, ZS5MRS, Voorsitter en HHN-redakteur;
Mickey, ZS5QB, Visevoorsitter en Netkontroleur;
Shaun, ZR5S, Herhalers en digitaal;
Mike, ZS5ML, Webmeester en Publieke Skakeling;
Peter, ZS5PJ, Klubhuis;
Errol, ZS5EGW, Klubontwikkeling;
Rob, ZU5ROB, Klubaktiwiteite;
Mike, ZS5BGV, Sekretaris/Tesourier.

Ons vertrou dat die Midlandsklub ‘n welvarende tyd tydens die dienstermyn van hul nuwe komitee sal beleef.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die geomagnetiese veld se vlak sal oor die algemeen hoog wees. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees.

15 en 20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 15 en 20 m-openinge vanaf onderskeidelik 14:00 en 18:00 SAT na Indië. 15 m-kontakte met Nieu-Zeeland gaan vir 'n kort rukkie om 08:00 moontlik wees. Om 08:00 op 15 m en om 14:00 op 20 m is daar moontlike flou openinge na Australië. Swak kontakte met Peru is om 14:00 op 15 m moontlik waarna swak openinge op 20 m moontlik word. Brasilië kan waarskynlik op 15 m vanaf 12:00 gewerk word en op 20 m vanaf 19:00.

Vanaf ongeveer 16:00 is daar moontlike swak 15 en 20 m-openinge na Europa. Kontakte met die VSA se Ooskus is op 15 m om 20:00 moontlik.

10 MHz lyk laatmiddag en na sononder bruikbaar vir die Morsekode- en digitale entoesiaste.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande, byvoorbeeld tussen ZS5 en ZS6, te lewer. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate tussen ZS6 en ZS1 lewer. Selfs 20 m word bietjie wakker rondom oggendteetyd.

Saans is 80 m die beste keuse. Met somer hier kan die donderstorms en geraas agv. statiese ontladings bietjie uitdagend wees.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou steeds kan verras. Skakel jou stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

7 Desember – PEARS HF QSO-geselligheid;
16 Desember – PIC-kursus in Port Elizabeth;
31 Januarie 2009 - Mosies en agenda-items vir die SARL 2009 AJV moet in wees.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003